leftshadow hometopban
homelogo
homebutton homeheader01 homeheader03
aboutbutton homeheader02 homeheader04
residentialbutton
Paradyskloof is 'n toegangsbeheerde residensiële toevlugsoord in die hartjie van Moorreesburg in die Wes-Kaap. Hierdie interessante klein dorpie met 'n bevolking van 13 000 inwoners, is geleë in die Swartland streek slegs 90 km noord vanaf Kaapstad, langs die N7 hoofweg, onderweg na Namibië.

Toeriste en kunstenaars is dit eens dat die Swartland ‘n streek is met van die mees skilderagtige landskappe in die land. Die streek se golwende goue koringlande strek so ver as wat die oog kan sien en verander in 'n gloeiende goue kleur teen sonsondergang.

Die ligging van die Paradyskloof ontwikkeling is sorgvuldig gekies om pragtige natuurlike skoonheid aan inwoners te bied wat panoramies vanuit elke hoek op die eiendom besigtig kan word. Hier bly die pragtige natuurskoon asemrowend reg deur die jaar en gelukkige inwoners wat besluit om hulself hier te vestig sal sekerlik fris en verjong voel dag-na-dag.

Deur die Paradyskloof ontwikkeling in die hartjie van Moorreesburg te vestig, word inwoners 'n geleentheid gebied om te ontsnap van die uitputtende gejaag van die moderne lewe, en dit een van die mees idilliese liggings maak vir ‘n rustige, veilige en luukse landelike lewenstyl waar vars lug in oorvloed is.

Afstand vanaf groot stede en dorpe:

Malmesbury 33 km
Piketberg 32 km
Paarl 80 km
Kaapstad Lughawe 110 km
Langebaan 60 km
Yzerfontein 95 km
Porterville 58 km
Vredenburg 72 km
medicalbutton
boutiquebutton
mallbutton
documentbutton
contactbutton
 
  SAWA  
   

TuisMeer oor ParadyskloofResidensiële EenhedeMediese SentrumDie Boetiek HotelWinkelsentrumDokumentasieKontak OnsEngels
Proud Winner of an SA Web Award • Copyright © 2010 Prospect Park Invest 51 CC • Website Design by Dynamic Designs • Copywriting by Scribe-Media Solutions